Home Rates About us Contact Us Accommodation
 
Eureka About Us  

S Y B R A N D = YAN   SMIT

Yan is op 25 Februarie 1956 in Clanwilliam gebore, waar hy ook in 1973 gematrikuleer het.  Na diensplig en vier studiejare in Stellenbosch is hy na Pretoria om verder te studeer.  Sedert 1982 tot 1991 het hy as prokureur in Clanwilliam gepraktiseer.

In April 1992 het hy ‘n half-voltooide woonstelblok in Lambertsbaai gekoop en besluit om dit EUREKA te noem.  Aanvanklik het hy besluit om die woonstelle te voltooi, en onder Deeltitel te bemark, maar sedert Desember 1992 het hy die woonstelle aan oornag- en vakansie-besoekers aan Lambertsbaai verhuur.

In Januarie 1993 het hy permanent na Lambertsbaai verhuis en woon sedertdien in die woonstelblok. Hy is sedertdien voltyds in die toerismebedryf met die verhuring van oornag- en vakansie akkommodasie, asook die voorsiening van etes op aanvraag-veral vir groepe.  Hy hanteer die bemarking van EUREKA se sowat 70 selfsorgeenhede self en het ‘n passie vir toerisime aan die Weskus.

 
 
design

Home | Rates | About us | Contact Us | Accommodation